Ons droom van ruimtes waar alle vroue veilig genoeg voel sodat hulle hul stories met mekaar kan deel.
Ons dink dat vroue in sulke ruimtes by mekaar kan leer, hul plek kan vind, vry en heel kan word en geestelik kan groei.
Om sulke veilige ruimtes te skep, dink ons die volgende riglyne is belangrik:
Hierdie riglyne vir die skep van Veilige Ruimtes is saamgestel deur die Vroubediening van die NG Kerk Wes-Kaapland om meer te lees klik hier.
Praat persoonlik:
Ek gaan persoonlik praat …
… en my weerhou van veralgemenings.
Wees eerlik:
Ek gaan eerlik en kwesbaar wees …
… en my weerhou van “little lies”.
Luister diep:
Ek gaan diep luister …
… en my weerhou daarvan om ander te genees, bekeer of regmaak.
Omhels die oomblik:
Ek gaan in die oomblik bly en dit omhels …
… en my weerhou daarvan om weg te hardloop vir pyn en ongemak.
Maak oop:
Ek gaan myself oopmaak …
… en weerhou van agendas en my vooroordele opskort.
Wag geduldig:
Ek gaan geduldig in afwagting van God wag … en nie vir God voorskryf waar en hoe God met ons moet kontak maak nie.
Vroue vir Jesus
VROUE vir Jesus geleenthede se fokus is daarop om ruimtes te skep waar vroue met mekaar op ‘n geloofsreis kan gaan.
Ons dink om op ‘n geloofsreis te gaan beteken
dat die reis belangriker is as die bestemming;
dat die Gees nooit klaar is met ons nie;
dat die Gees verskillend met elkeen van ons besig is;
dat daar nie een antwoord is wat vir almal pas nie;
dat ons nie vir mekaar kan sê wat om te doen nie, maar slegs saam kan luister;
dat elke vrou haar eie reis die beste verstaan.
Ons luister na mekaar se stories en hoor hoe God met ons elkeen praat soos ons na mekaar en na vroue in die Bybel luister.
Ons glo dat ons vry word en ons plek vind wanneer ons só na mekaar en na God luister.
Kom reis saam met ons en ervaar hoe God jou vlerke los maak!
Navrae: Ds. Mizelle Prinsloo / 083 394 1101
Damesaand
Die Damesaand is elke jaar ‘n hoogtepunt waar ons heerlik saam kuier en lag.
Dit vind plaas op 17 September 2024.
Jy kan ook ‘n volle tafel bespreek.
Kontak die Taakspan indien jy meer inligting wil hê of wil deel raak van die span vroue wat beplan en organiseer aan geleenthede.