Lewensverryking

Lewensverryking

Die kursus word in twee sessies twee keer die jaar aangebied.

Aand: 18 & 25 Februarie
Oggend: 10 & 17 September

Tydens die kursus gaan daar tyd wees vir algemene gesprekke, maar die meeste van die tyd gaan jy tyd gegun word om op jou eie, jou gedagtes, teleurstellings, verwagtinge en drome van die verlede en toekoms, op ʼn kreatiewe manier te onthou, te ontdek en te beplan.

Die kursus bestaan uit twee dele:
• ʼn Terugblik op die verlede – Wie was die persone en wat was die situasies in jou verlede wat ʼn impak op jou lewe gehad het, wat jou gevorm het of jou koers verander het.

• ʼn Venster op jou toekoms – aan die hand van die 8 fasette van “The Wheel of Life”. Wat is jou drome, verwagtinge en mikpunte vir die toekoms? Gebruik dit wat jy wys geraak het uit jou verlede om nou in die hede besluite te neem wat jou toekoms positief kan beïnvloed.

Navrae: Liezl Loubser versorging@bergsigdv.co.za

Ander Kursusse

341 Comments. Leave new

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Fill out this field
Fill out this field
Please enter a valid email address.