Net mooi ‘n jaar terug het 301 van Bergsig se lidmate IN ‘n erediens ’n vraelys ingevul wat ons gemeente gaan help om beplanning te doen vir die toekoms. Ons ontvang en vier die terugvoering op 4 Augustus 2024, saam in die erediens.
Die Southern African Church Life Survey is die Suid-Afrika weergawe van ‘n internasionale opname onder erediensgangers. Dit is die grootste opname ter wêreld en word ondersteun deur meer as 30 jaar (en 12 000 gemeentes se navorsing). Die SA projek word uitgevoer in samewerking met NCLS Australië.
Nege kernkwaliteite wat sentraal staan tot ‘n groeiende, florerende gemeente is deur die 30 jaar van NCLS se navorsing geïdentifiseer.
Die kernkwaliteite word opgedeel as volg:
3 – Interne (Geloof, Erediens, Gemeenskap)
3 – Inspirerend (Roeping, Leierskap, Vernuwing)
3 – Ekstern (Diens, Getuienis, Inklusiwiteit)
Julle het waardevolle inligting vir ons gegee om mee te werk. Baie dankie daarvoor. Om meer te lees oor die terugvoer van die 2023 GEMEENTEVRAELYS klik hier
Ons nooi lidmate wat belangstel en graag verder wil gesels uit om aan te meld deur ‘n e-pos te stuur na: kommunikasie@bergsigdv.co.za.
Op 31 Augustus gaan die leiers van die kerk en lidmate wat aangemeld het, verder gesels oor die inhoud. Die proses van saam gesels en die ontwikkeling van insig begin nou. Daarna gaan ‘n Kleiner groep begin onderskei en strategies fokus voordat die planne vir die toekoms gemaak en uitgerol kan word.
Ons vra voorbidding vir die proses.