Die Sondagoggend Kursus word oor 6 sessies vanaf
26 Julie tot 13 September aangebied.
Enige gedoopte of ongedoopte volwasse persoon wie nog nie Belydenis van Geloof afgelê het nie is welkom om hierdie kursus met die oog op Belydenisaflegging van geloof, op 8 November, by te woon. Enige volwasse persoon wat graag weer die inhoud van wat hulle glo wil herbesoek, is ook welkom om die 6 sessies by te woon.
6 Temas:
26 Julie – God Drie-enig: 3 en tog 1
2 Augustus– Sonde, Verlossing (in Jesus), Dankbaarheid
16 Augustus– Kerkwees en die Sakramente: Doop en Nagmaal
23 Augustus – Die Bybel, asook stiltetyd, gebed en getuienis
6 September– Die Heilige Gees en gemeente wees: o.a. Gawes en Vrug van die Gees
13 September – Geskiedenis van die NG Kerk: o.a. Die Hervorming en Belydenis skrifte
Navrae: Liezl Loubser versorging@bergsigdv.co.za







