GlowKidz juniorjeug

GlowKidz juniorjeug

Glowkidz – Durbanville-Bergsig gemeente se kinderbediening

Sondagoggende: Ouers kan saam met hulle kinders die diens volg vanuit die moederskamer of konferensielokaal (agter die ouditorium) waar ’n lekker groot oop vloerspasie met genoeg speelgoed is, om hul besig te hou, terwyl ouers die diens op die skerm kan volg. Ouers is ook welkom om die Glowkidzdiens by te woon. Daar is ’n kategese groep vir 0-3 en 4-5 jaar.

Donderdae om 09:15 en 17:15: Ouers kan hulle spruite na ‘n groepsklassie bring en saam met hulle die Bybel op ‘n speel-en-sing manier ontdek. Heelbreinontwikkeling beteken ook dat jou kind geestelik ontwikkel en dis heerlik om hierdie nuwe avontuur saam met ander ouers mee te maak!

Sondagoggende: Kinders woon ‘n Glowkidz erediens in die saal by wat spesifiek op hulle van toepassing is, terwyl hulle ouers die volwasse diens in die ouditorium bywoon. Na afloop van die volwasse diens kom haal ouers weer hul kinders in die kategeselokale. Ons erediens is propvol aksie en leergeleenthede en eindig met ‘n handwerk-skepping wat kinders saam huis toe kan neem.

Om die inhoud ouderdomstoepaslik aan te bied, word die kinders in ouderdomsgroepe verdeel en na aparte lokale geneem. Hulle word vanuit die saal na die lokale begelei.

Elke kind word aan die begin ingeteken en ontvang ‘n naamkaartjie (wat hulle om hul nekke hang). Sekuriteit is vir ons ’n hoë prioriteit en ons maak seker dat elke kind na afloop van die diens weer saam met sy/haar ouer by die deur uitstap. Kwartaallikse kuier.

Sondagoggende: Hierdie groep kom met die res van die kinders, ook in die saal vir die Glowkidz erediens bymekaar en bly in die saal waar hulle ons weeklikse les bywoon.

Vrydagmiddae: Hierdie groepie doen pret-aktiwiteite of uitstappies waar ons ‘n nuwe vaardigheid aanleer en nuwe dinge ontdek.

Dissipelskap is een van ons kerk se doelwitte en deel daarvan is om saam te leef en te leer. Hier leer ons kinders mekaar, hulself en God se skepping, ken.

0-5 jaar

Ons leer Bybelwaarhede ken (God is liefde, Skepper, altyd by ons)

6-9 jaar

Ons leer Bybelstories ken (en so leer ons God ken)

10-12 jaar

Ons leer die Bybel ken (en begin leer hoe om dit in ons lewe toe te pas)

Ons geloofsreis saam met kinders word deur ons gemeente se strategiese doelwitte gerig:

Dissipelskap

In klein groepe leer ons saam wat dit beteken om Jesus te volg. Ons onderneem om gereeld byeenkomste by te woon en ons in te span om
die Bybel te bestudeer.

Diens na binne en buite

Soms word kinders as “dienswerkers” in die kerk voorgestel en help hulle van tyd tot tyd met take soos verwelkoming. Kinders kry ook geleentheid om diens te doen by ons fondsinsamelingsgeleenthede. Gesinne word aangemoedig om betrokke te raak by uitreike.

Gasvrye ruimtes

Vir elke ouderdomsgroep skep ons ‘n ruimte waarbinne hulle tuis en geborge kan voel. Dit is ook ‘n ruimte waarheen hulle hul maats kan nooi.

Koninkryksvisie

Ons herinner mekaar gedurig dat dit wat ons het, aan die Here behoort en dat Hy dit vir ons gee, sodat ons Sy koninkryk daarmee kan uitbrei. Kinders word aangemoedig om as geroepenes aan te meld vir diens by die kerk.

Hoe raak my kinders deel?

2

Raak deel van die Glowkidz-ouers whatsapp groep waarop alle kommunikasie plaasvind.

3

Volg eredienste op Youtube

4

Woon byeenkomste by

Hoe lyk die kalender?

Ons volg die skoolkwartale – geen kinder-eredienste tydens langnaweke en skoolvakansies nie.

Vir meer inligting kontak Marinette Kilpert by 072 340 5923 of juniorjeug@bergsigdv.co.za