Durbanville-Bergsig gemeente se tienerbediening
WAT?
Woordverkondiging:
Die @6 Diens (met ‘n sterk fokus op “worship” en Woordverkondiging) is vir ons tieners, maar almal in die gemeente is welkom. Ons fokus tydens ons Woordverkondiging op die praktiese toepassing van God se Woord in ons lewens. Ons glo God se Woord lei ons na geestlike verdieping, praktiese dissipelskap en ‘n sterk koninkryksvisie. Ons spreek verskeie areas van dissipelskap aan en streef daarna om ons tieners en ouers te help om die Woord prakties te gaan leef.
@6 DIENS | SONDAG-AANDE 18:00
Is die offer wat ons aan God bring. Dit help ons om God te ontmoet en te beleef.
Regeneration Kleingroepe
Omgee
Ons kleingroepe is ‘n veilige ruimte en vind na die @6 Diens plaas. Hier fokus ons op konneksies en om verhoudings met mekaar te bou. By ons kleingroepe word gelag, die lewe met mekaar gedeel en gesels tieners verder oor die boodskap van die @6 Diens. Daar word ook gekyk na die praktiese uitvoering van die Woord.
Dissipelskap is een van ons kerk se doelwitte en deel daarvan is om saam te leef en te leer. Ons tieners leer mekaar, hulself en God se skepping hier ken.
HIStorymaker Kamp:
Ons HIStorymaker kamp fokus op geestelike groei en verdieping. Hierdie is nie net ‘n kamp vol pret nie, maar tieners leer om hulle verhouding met die Here te verdiep. Ons skep ruimtes tydens die kamp vir Woordverkonding, saam gesels in groepe, “worship” en ontspanning.
ACTivation
Dit vind Vrydag-aande plaas soos aangedui op die kalender. In Handelinge leer ons hoe die kerk in die Bybel gefunksioneer het. ACTivation is ‘n geleentheid waar ons saam kuier, saam eet, saam lag, saam “worship” en saam ontspan. Die karakter van ACTivation is elke keer anders om verskeie aspekte van geloofsbelewenis aan te spreek.
Ons geloofsreis saam met ons tieners word deur ons gemeente se strategiese doelwitte gerig:
Dissipelskap
In kleingroepe leer ons saam wat dit beteken om Jesus te volg. Ons onderneem om gereeld byeenkomste by te woon en te ontdek hoe ons die Bybel prakties kan toepas.
Gasvrye ruimtes:
ACTivation is ‘n ruimte waar ons tieners kan “kom en hulsef wees”. Dit is ook ‘n ruimte waarheen hulle, hul maats kan nooi en op ‘n informele manier verskeie geloofsbelewenisse met mekaar kan deel.
Koninkryksvisie
Ons moedig tieners aan om nie net bywoners te wees nie, maar intensioneel te leef en vriende in te nooi in God se Koningkryk.
Diens na Binne en Buite
Na Binne:
Regeneration is nie net ‘n plek waar tieners bedien word nie, maar ook geleentheid gegee word om te bedien.
By @6 Diens is daar geleentheid vir die tieners om deel van die gasvryheidspan te wees, die offergawes op te neem en deel van die “worship”- en tegniese bediening te wees.
Na buite:
Ons het jaarlikse vakansie uitreike waarby tieners kan inskakel. Ons dien die gemeenskap en leef ons dissipelskap prakties uit.
Hoe raak my tiener deel?
2
Raak deel van die Regeneration-ouers whatsapp groep waarop alle kommunikasie plaasvind.
3
Volg eredienste op Youtube
4
Woon byeenkomste by
Hoe lyk die kalender?
Ons volg die skoolkwartale – geen @6 Diens tydens langnaweke en skoolvakansies nie.
Vir meer inligting kontak Arno Mattheus by 072 955 0670 of seniorjeug@bergsigdv.co.za