Durbanville-Bergsig Gee Om
Durbanville-Bergsig GEE OM meer as ooit moet ons daar wees vir mekaar… laat weet die kerkkantoor of enige leraar/personeellid as jul bystand nodig het.
Laat ons weet as iemand siek is, as iemand gebed nodig het, as iemand net wil gesels. Laat weet ons as iemand gesterf het. Laat weet ons as jy alleen is.
Help ons hand versterk – bel ons by 021 976 4106 / e-pos: versorging@bergsigdv.co.za.
Lidmaatversorging
Durbanville Bergsig bied lidmaatversorging deur ‘n omvattende beradingsdiens aan.
Pastorale Hulp
Hierdie vorm van hulpverlening word deur die leraars aangebied. Daar word gefokus op die geestelike en emosionele behoeftes van lidmate. Die leraars se inligting is op die kerk se jaarprogram beskikbaar of skakel die kerkkantoor.
Berading
Lidmate kan die noodlyn skakel of Bergsig911 e-pos gebruik. Ons doen verwysings na die relevante beraders wat beskikbaar is.
Bevryding
Hierdie diens word deur ‘n leraar of ‘n toegruste lidmaat aangebied in omstandighede waar demonisering/okulte/verslawing ‘n rol speel.
Maatskaplike Hulp
Die maatskaplike werker hanteer hoofsaaklik die fisiese nood en omstandighede van lidmate.
Jeugbegeleiding
Die junior en senior jeugwerkers begelei die jeug t.o.v. geestelike groei en ontwikkeling en is goed toegerus om hulle by te staan.
Gebedsondersteuning
Ondersteuning word verleen deur die gebedsnetwerk van Bergsig. Voorbidding word gedoen deur ons gebedsketting. Jy kan ook deel word van die gebedsnetwerk, deur jou kontakbesonderhede te e-pos aan bergsig911@bergsigdv.co.za.
Ondersteuningsgroepe
Ons wil graag begin met ondersteuningsgroepe, bestaande uit lidmate wat al deur die smeltkroes van die lewe gegaan het, bv. egskeidings, rousmart, verslawing, depressie ens. Lidmate wat ‘n behoefte het om deel te wees van so ‘n groep maak gebruik van die bergsig911@bergsigdv.co.za.
BERGSIG911 E-POS
Hierdie skakel, bergsig911@bergsigdv.co.za, bied aan jou die geleentheid om per e-pos vertroulik ondersteuning/hulp/bystand te versoek. Jy kan in jou e-pos aandui of jy pastorale hulp, berading, bevryding, gebedsondersteuning, maatskaplike hulp of jeugberading benodig. Jy kan ook aandui of jy by ‘n ondersteuningsgroep wil inskakel.
Alle inligting word vertroulik hanteer.