Kleingroepe
Kleingroepe
25 tot 35 jariges
Woensdae in Aurora
Ons is mense wat lief vir die lewe en daarna uitsien om verhoudinge in die gemeenskap te bou. Ons glo die lewe is gemaak om saam met ander te geniet en dat die Here ons seen deur ons verhoudings en bande met mense om ons. Ons is mal oor avonture, sonsakke, koffie, die natuur en wyn.
Wessel (076 191 1167) en Tayla (082 303 0915)
60 tot 70 jariges
Maandae aande - 6 lede
Ons doen saam Bybelstudie, maar skep ook die geleentheid om as groep mekaar te leer ken en te ondersteun. Ons groep het ‘n baie veilige ruimte waar almal die vrymoedigheid het om saam te gesels. Ons verwelkom graag nog lede.
Tharina Morren
50+ jariges (Woensdae)
Woensdae aande – 8 lede
Ons kom weekliks bymekaar. Ons roteer elke week en kom by iemand anders in die groep se huis bymekaar. Ons geniet Bybelstudie en kuier.
Lorinda Botha
50-80 jariges (Dames)
Donderdae oggende – net dames
Ons hou daarvan om tyd saam met die Here te spandeer en net daar te wees vir mekaar. Vrouens wat mekaar ondersteun en bystaan in verskillende omstandighede.
Alida Smith
60 + jariges (Villa Cortona)
Een keer per week by Villa Cortona
Ons is ‘n groot groep seniors wat weekliks bymekaar kom om die Bybel te studeer. Kom raak deel om dieper en meer van die Bybel te ontdek.
Bennie Fourie
60+ jariges
Donderdae
Hierdie groep geniet musiek en Bybelstudie en is opgewonde om saam op reis te wees met mekaar. Hulle deel hulle lewensverhale met mekaar en is dankbaar vir ‘n geloofsgemeenskap.
Neels en Annelise Kotze
Vroue vir Jesus
Enige ouderdom – vrouens
Die groep is vir vrouens wat ‘n behoefte het aan ‘n kreatiewe spasie waar hulle saam musiek kan luister, bid, kreatief wees en mekaar se stories kan hoor. Hierdie groep kom so twee keer per kwartaal bymekaar. Ons wil alle vrouens uitnooi na hierdie besonderse spasie. Kontak ds Mizelle Prinsloo om deel te word van die Whatsapp groep.
Esme Sonnekus
Enige ouderdom vrouens
Die groep is vir vrouens wat ‘n behoefte het aan ‘n kreatiewe spasie waar hulle saam musiek kan luister, bid, kreatief wees en mekaar se stories kan hoor. Hierdie groep kom so twee keer per kwartaal bymekaar. Ons wil alle vrouens uitnooi na hierdie besonderse spasie.
Kontak ds Mizelle Prinsloo om deel te word van die Whatsapp groep.
60+ jariges
(Buhrein-aftree oord)
Buhrein – 4 lede
Ons is ‘n klein groep wat in Buhrein-aftree oord woon en ons kom Donderdae oggende bymekaar. Ons hanteer lekker Bybelse temas en drink ‘n lekker koppie tee. Enige iemand is welkom om by ons groep aan te sluit.
Gert Hoffman
50+ jariges
(Twee weeklikse)
Twee weeklikse byeenkomste
Hier gesels, kuier en kamp ons selfs saam. As dit koud is drink ons koffie of port. Wanneer dit warm is wit of rooi. Soms word moeilike vrae aangeroer… en soms genie tons sommer net mekaar se geselskap. Die belangrikste is, ons is daar vir mekaar… ongeaf of daar getreur of gelag word.
Andries en Ansie vd Vyver
35+ – 6 gesinne
Elke tweede Woensdae
Ons is 6 gesinne wat bymekaar kom saam met ons kinders. Dit is ‘n lekker besige groep. Ons geniet dit om lekker materiaal soos byvoorbeeld Rob Bell se Numa saam te behandel. Dit is ook vir ons lekker om te kuier en saam te eet nadat ons die materiaal hanteer het.
Caroli Diener
35-75 jariges
Sondae 18:00 – 20:00
Ons is ‘n egpaar met ‘n liefde vir die Here en Sy kerk. Ons nooi enige iemand uit wat ‘n behoeftes het om saam met ander ‘n geestelike pad te stap.
Ons groep gaan elke Sondag aand by Bergsig Kerk bymekaar kom. Ons nooi enige iemand uit om deel te word van hierdie groep
Louis en Lorraine Blignaut
30-40 jariges
Hierdie groepie gebeur soos dit vir almal binne die groepie pas. Ons kom lekker bymekaar, kuier, gesels oor relevante temas van ons geloof en geniet mekaar se geselskap. Die groep is oop vir enkelopende jongmense, getroudes of gesinne met kinders. Ons het nog ‘n hele paar plekke in ons groep. Maak kontak en kom word deel van die reis.
Deon en Magriet de Beer
Groep
Stap/ Rooiwyn/ Fiets/ Braai groep
Wil jy dalk 'n groep begin? Kleingroepe kan in enige formaat wees. Julle kan weekliks stap en God se teenwoordigheid in die natuur soek. Julle kan saam braai terwyl julle die Woord bespreek. Die kleingroepe se doel is om saam meer vandie Here te leer en tyd met ons mede-gelowiges deur te bring. As jy gereed is vir 'n nuwe avontuur moet jy ons kontak. Al wat jy benodig is ‘n sitkamer, ‘n ketel, koffie en 'n lekker reeks en dan kan julle begin.