Ds. Leon Tait
Gemeenteleraar: Uitreike, Toerusting, Pastoraat & Versorging, Manne
Ds. Leon is voltyds medeleraar en is werksaam met die Uitreikbediening, Pastoraat & Toerusting, Gebed en Manne.
Hy is ook betrokke by die Seniorbediening.
1 Kor 3:9 – Medewerker in diens van God Drie-enig – die woorde beskryf Leon se uitkyk en lewensingesteldheid.
Liezl Loubser
Geestelike Versorging
Liezl is verantwoordelik vir die Toerusting, Gebed en Versorging bediening.
Andene Celliers
Uitreikekoördineerder
Andene is werksaam in die uitreikebediening van die gemeente.
Sy is ook betrokke by die seniorbediening.
Ds. Mizelle Prinsloo
Leraar: Vroue, Juniorjeug, Seniorjeug, Kleingroepe, Gebeds & Musiekbediening, Kleuterland
Ds. Mizelle is voltyds medeleraar in Bergsig.
Haar bedieningsveld by Bergsig omvat: Junior & Seniorjeug, Vroue, Kleingroepe, Gesinne en Enkellopendes.
Sy is ook betrokke by die Seniorbediening.
“Daar is twee maniere om te lewe. Die een asof niks wonderlik is nie, en die ander is om alles as ‘n wonder uit God se hand te beskou.”
Marinette Kilpert
Juniorjeugwerker
Marinette is werksaam in die jeugbediening as juniorjeugwerker wat werk met kinders tot ouderdom van Gr. 6.
Pieter Truter
Seniorjeugwerker
Pieter is werksaam in die jeugbediening as seniorjeugwerker.
Hy werk met kinders van Gr. 6 – Gr. 12.