POPI & Persoonlike inligting

POPI & Persoonlike inligting

Geagte Gemeentelid

Ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (Wet 4 van 2013), ook genoem die POPI-wet of POPIA, wat op 1 Julie 2021 in werking getree het, wil ons u verseker dat NGK Durbanville-Bergsig u persoonlike inligting behandel met die grootste privaatheid. Ons sal geen persoonlike inligting van ons gemeentelede deel met derde partye nie.  Ons moet gemeentelede se persoonlike inligting verwerk sodat ons, ons gemeentelede verantwoordelik kan dien en met hulle kan kommunikeer.  Die persoonlike inligting wat ingesamel word, word slegs deur lede van NGK Durbanville-Bergsig gebruik vir die doeleindes wat tydens die versameling bepaal is, of vir ‘n gebruik wat aan hierdie doeleindes voldoen.

Klik hier om die NGK Durbanville-Bergsig se POPI Privaatheidsbeleid te lees.

Klik hier om die NGK Durbanville-Bergsig se PAIA handleiding te lees.

As ‘n verantwoordelike party om inligting te verwerk, moet ons wetlik aan die POPI–wet voldoen.

Vul asb. die vorm in sodat u ons die nodige toestemming kan gee om u persoonlike inligting te verwerk.

POPI aanlyn vorm

    Jou Volle Naam & Van (verpligtend)

    Jou E-pos (verpligtend)

    Jou Telefoonnommer (verpligtend)

    Ek gee hiermee NGK Durbanville-Bergsig toestemming om my inligting te prosesseer volgens NGK Durbanville-Bergsig se POPI Privaatheidsbeleid.
    Ek het die privaatheidsbeleid gelees en aanvaar.

    My inligting is korrek

    Indien jou inligting opgedateer moet word, volg asb. die stappe onder "DATABASIS OPDATERING"

    Tik asb. die verifikasie kode in To use CAPTCHA, you need Really Simple CAPTCHA plugin installed.

    Databasis Opdatering

    Ek moet my persoonlike inligting opdateer:

    Stap 1:
    Jy kan ons hiermee help deur by die skakel jouself te registreer: https://www.winkerkonline.co.za/Account/Register

    Registrasie bestaan daaruit om jou naam, van, e-pos adres in te vul en jou eie wagwoord te skep vir jou profiel.

    Stap 2:
    Wanneer jy dit gedoen het, kry ons ‘n boodskap op die databasis waar ons jou AKTIVEER en jy jou eie besonderhede kan opdateer.

    Baie belangrik – Kies ‘Durbanville – Bergsig (Ned Geref Kerk)’ (daar kom blykbaar ook ‘n ander kerk op met naam `Bergsig (Ned Herv Kerk)` wat nie ons is nie – kies reg 😀😀 Ons is Ned Geref Kerk.

    Stap 3:
    Jy sal ‘n e-pos ontvang van admin@infokerk.co.za wat jou sal vra om jouself te te “verify” – sodra jy klik kom jy in op jou profiel waar jy die nodige opdaterings kan doen.

    Bel die kerkkantoor 021-976 4106 indien jy hulp verlang met die opdatering van jou persoonlike inligting of stuur ‘n e-pos na: administrasie@bergsigdv.co.za