Die Donderdagaand kursus word oor 4 weke aangebied word.
Datum: 10 – 31 Oktober
Ons almal het ń stukkie Maria en Martha in ons. Ons wil aanbid, maar daar is so baie wat gedoen moet word. Hoe kies ons die beter keuse en kry nog steeds alles gedoen? Hierdie vier weke kursus help jou om te reflekteer oor jou keuses en om opnuut weer die regte keuses vir jou lewe te maak.
Lukas 10: 38-41 Op Besoek by Martha en Maria
Op hulle reis het Jesus in ʼn dorp gekom waar ʼn vrou, Martha, Hom as gas ontvang het. Sy het ʼn suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het.
Maar Martha was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”
Navrae: Liezl Loubser versorging@bergsigdv.co.za
1 Comment. Leave new
n35yky