Prince Albert was een van die Karoo dorpe wat swaargekry het toe die kragmaste deur die wind omgewaai was.
Die dorpe was vir 12 dae sonder enige krag en dit het vining ‘n noodtoestand meegebring. Yskaste het afgeloop, geen kontant kon getrek word of petrol ingegooi word nie.
Veral bejaardes is swaar getref. Bergsig het baie vinnig op die hulproep van Ds. Philip en Anneke Scholtz reageer. In ’n blits is droë produkte ingesamel om te stuur na hulle. Erhard Louw het sy bakkie en sleepwa beskikbaar gestel toe ons sien die skenkings gaan nie in die motors pas nie.