Here Jesus, U het gesê: “Ek is die brood wat lewe gee.” Voed ons vanoggend sodat ons nooit weer honger en nooit weer dors sal kry nie. Here Jesus, U het gesê: “Ek is die lig vir die wêreld.” Skyn in elke duister hoekie van ons lewe en gee vir ons die lig wat lewe gee. Here Jesus, U het gesê: “Ek is die ingang vir die skape.” Laat ons deur U in- en uitgaan en gee vir ons weiding. Here Jesus, U het gesê: “Ek is die goeie herder.” Dankie dat U u lewe vir ons afgelê het. Here Jesus, U het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe.” Ons glo in U, Here Jesus, en sal leef al sterf ons ook. Here Jesus, U het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” Ons gaan deur U na die Vader. Here Jesus, U het gesê: “Ek is die ware wingerdstok en julle die lote.” Help ons om in U te bly sodat ons baie vrugte sal dra. (Uit Cas Wepener se “Soos ‘n blom na die son draai”, Bybel-Media 2011)