Bergsig boodskappe

Bergsig boodskappe

1 – 15 Augustus 2025

1 – 15 Augustus 2025

Skielik is dit Augustusmaand en mens skrik omdat die jaar so vinnig verbygaan en so vreeslik VOL is. Wanneer het dit na Covid weer so ERG besig geraak? Mens sien hoe mense die VOL kalenders bespreek en effens sug daaroor. Kom ons onthou om in die 3de kwartaal weer asem te haal en die res van die jaar se pas rustiger aan te pak, meer oordeelkundig met ons tyd te werk te gaan.

Volgende week voeg ons ‘n insetsel by wat handel oor die Lidmaatuitreike tydens die vakansie na Mosambiek, Thailand, Msinga, Loeriesfontein en ook plaaslik na die Durbanville Kinderhuis.

Vorige Bergsig Boodskappe